Skooltaak Geografie

Skooltaak Geografie
  Copy


More Options: Make a Folding Card




Storyboard Description

This storyboard does not have a description.

Storyboard Text

  • Welkom in my wêreld! My naam is Anja en ek woon hier teen die klippieshelling langs die Golden Gate Nationale Park.
  • Om ons sal jy baie sferoïdale gesteentes sien. Baie van hulle is stollingsgesteentes, maar ek wil nou eers praat oor hierdie krans!
  • Die Golden Gate Krans bestaan uit baie lae verskillende materiale.Diet is oor 'n baie lang tydperk deur afsetting van verweerde materiaal gevorm wat deur wind en water, soos hierdie riviertjies, vervoer is.
  • Hierdie stollingsgesteentes het ontstaan uit die afkoel en stolling van lawa en bevat dus soms baie mooi kristalle. Wanneer hierdie gesteentes verweer, maak dit ook uiters vrugbare grond!
  • Baie van hierdie partikels kom van stollingsgesteentes af. Die gesteentes skilfer af as gevolg van temperatuurveranderings - dit word eksfoliasie genoem. 
  • Hierdie verweerde gesteentes se partikels gaan le op mekaar en vorm dan die mooiste kleur rotse, soos sandsteen. Mense bou die mooiste dinge, soos waterkrippe, vloere en mure met Sandsteen.
  • Sou hierdie sandsteen termies verander- deur hoë druk en hitte, sal dit dan as die metamorfe gesteente "Kwartsiet" bekend wees. Kwartsiet is 'n pragtige, uiters harde gesteente en word gebruik in jou kombuis en konstruksie in en om huise!  Ek hoop ek kon jou so bietjie van my wêreld leer. Dankie dat jy my vergesel het.
More Storyboards By alicemven
Explore Our Articles and Examples

Try Our Other Websites!

Photos for Class   •   Quick Rubric   •   abcBABYart   •   Storyboard That's TPT Store