Die storie begin op n Maandag voor skool waar Mariska haar vriendin Sam nader roep om vir haar iets te vertel. Mariska vertel toe vir Sam oor die vrywillegerswerk wat sy doen by SARABI paws with a cause. Sam is toe ombeskof en wonder hoekom Mariska dit doen as sy nie betaal word nie. Mariksa word toe kwaad vir Sam omrede Mariska sê dat Sam haar gevoelens seer gemaak het. n Paar dae later toe het Sam na Mariska toe gegaan en vir haar gesê dat sy verkeerd was en dat sy graag saam met haar (Mariska) vrywilligerswerk wil doen en vra haar hoe om aansoek te doen daarvoor. Mariska vat toe haar foon en kry n vorm wat sy moet invul om aansoek te doen. Sam vul die vorm in en wag in spanning om die resultate te kry. Toe sy die resultate kry het was sy en Mariska baie bly. Sam sê toe vir Mariska hoe opgewonde sy is om mety die diere te werk en Mariska sê toe vir haar dat hulle vir die eerste paar maande nie met die diere werk nie maar dat hulle die diere se hokke gaan skoon maak en hulle water bakke vol hou. Sam is toe spyt oor haar besluit, en kom agter dat sy nie eintlik dit meer wil doen nie.