Het jy geweet 'n veearts is ook op die lys van mees lonende studierigtings in SA.? Hoekom wil jy 'n veearts word?
Want ek hou van diere en will n verskil maak in mense se lewens
Watter vakke gaan jy kies om dit te doen?
Klink of jy goed daaroor gedink het. Wat het jy nodig om te studeer vir veearts?
Engels, Wiskunde en wetenskap met gemiddeld van 65%. Ek het 36 of meer TPT-punte nodig vir die BSc-graad.
Dit klink na baie harde werk.
Ja maar as ek n veearts wil word moet ek maar hard werk vir die 6 jaar van studeer waarvan die laaste jaar n praktiese jaar is.
Ek het 32 TPT-punte nodig vir my BCom graad maar dit gee my verskeie opsies in die rekenaar-bedryf.
Daai klink vir soos net so baie werk
Ja, ek voel dieselfde - ek sal dit eerder nou besef dat ek moet harder werk as later in my lewe
Ek gee nie om om hard te werk nie. 'n BSc-graad sal my verskeie opsies gee op universiteit sou ek wou spesialiseer.
Altwee van julle se toekomste klink soos baie harde werk en ek will rerig nie so hard werk nie
Nie almal het nodig om wiskunde te vat en universiteit toe te gaan nie. Ons sal nogsteeds vriende wees.
Ek sal julle outfits ontwerp - dit sal vir my genoeg wees om 'n werk te hê waar ek kreatief kan wees, myself en my vriende kan gelukkig maak en vir myself kan sorg.