Geweld of konflik is iets wat in die alledaagse lewe gebeur en is gewoonlik die effek van verskillende idees of verskillende dinge wat mense benodig. Alles hang tog af van hoe ons as mense die konflik op ń positiewe manier hanteer.
Hoekom is jy so lelik met my?
Gee DADELIK vir my jou foon!
EK KOM!
Geweld is iets wat verskriklik baie verskillende oorsake kan he, geweld kan n karakterseienskap wees van geboorte af of deur slegte gedrag aangeleer word.Voorbeelde hiervan sluit in genetika,waar die aggressiewe gedrag oor meer as een geslag oorgedra kan word. Dwelms en alkohol is ook n goeie voorbeeld,mense probeer die middels gebruik om ontslae te raak van hulle probleme tog is dit die middel wat hulle slegter laat voel en kan tot gewelddadige optredes lei.
BRING VIR MY NOG N BIER EK IS DORS.
Geweld kan van n vroee ouderdom af ook begin, dit is bewys dat geweld op n tv of enige ander elektroniese toestel n effek op mense kan he. As geweld n herhalende ding word, wat jy kyk [op die Tv] of by die huis gebeur kan dit n natuurlike gevoel word wat dan na geweld met ander kan lei.Dieselfde konsep sal geld vir mense wat sien dat rolmodel of portuurgroep geweldadig optree en sal soos hulle wil wees.
Hierdie is soooo cool
Breinskade kan ook n voorbeeld wees van hoekom geweld plaasvind,die skade kan die mate van persoonlike beheer wegneem en kan lei tot uiterlike geweld. Daar is ook mense wat lei aan Antisosiale persoonlikheidsteuring. Hierdie mense sal nie die verskil tussen reg of verkeerd onderskei nie en sal dus geweldadig optree van hulle kinderjare af en is onbewus van die gevaar wat hulle hulself en ander in sit. Al is dit nie n siekte nie, om hulpeloos te voel teen geweld kan ook n probleem wees. Mense sal opgee om van die geweld te vlug en sal net aanvaar wat met hulle gebeur en dit amper omhels.
Geweld kan oral plaasvind,by die skool, huis,werk of enige publieke area.Tog kan baie van geweld ook nie deur die publieke oog gesien word nie.Byvoorbeeld huishoudelike mishandeling,dit kan die mishandeling van kinders insluit of mense se man of vrou.Portuurgroep mishandling kan skoolgeweld,afknouery of bendegeweld insluit .Seksuele geweld is ook n groot deel van geweld: dit sluit in verkragting,huweliksverkragting,en mishandeling in enige konteks.
Hou op om altyd so aggressief te wees.
Suster ,hoekom is jy altyd so lelik met my.
Nog voorbeelde van geweld sluit in die misbruik van mag teen enige iemand wat fisies swakker is.Dit sluit in kinders, gestremde mense en veel meer.Haatmisdaad is nog n voorbeeld en sluit aan by mense teiken wat dalk n ander geslag is, n ander ras is,verskillende gelowe het en baie ander. Emosionele geweld kan iemand baie sleg afbreek deur byvoorbeeld hulle konstant slegte name te noem en hulle sal begin glo dat dit waar is.
Gee vir my jou handsak!
AHHHH!
Over 30 Million Storyboards Created
No Downloads, No Credit Card, and No Login Needed to Try!