Dit is my bestie se verjaarsdag en ons gaan so lekker kuier! Kan nie wag vir Jannie om op te daag en saam te kuier nie. EK IS SO LIEF VIR JANNIE!
EINA JANNIE! Hoekom slaan jy my alweer. Wat het ek dan nou weer verkeerd gedoen?
Liana jy moet ophou om my uit te tart! Wie het gese jy mag dans en dit nog saam met ander mense!! Jy het geen reg om te maak soos jy wil nie. Jy weet jy moet my eers vra! JY IS NIKS SONDER MY NIE! As jy lief is vir my, soos jy konsuis sê, sal jy maak soos ek sê!
Chelsey ek het raad nodig. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Jannie is vreeslik jaloers en as hy nie sy sin kry nie slaan hy my.
Liana ek het nie besef dit is wat aangaan nie. Ek agter gekom dat jy jou begin onttrek het aan ons vriende groep en al hoe stiller geword het. Jy sal moet met 'n volwassene praat hieroor. Ek dink jy moet met die skool se graadhoof hieroor praat.
Hallo juffrou. Ek het hulp nodig. My kêrel slaan my en laat my nie toe om enige iets te doen nie. Wat moet ek doen? Ek wil nie net na my ma toe gaan nie want dit mag dinge dalk erger maak daarom dat ek na juffrou toe kom.
Baie dankie juffrou vir die hulplyn inligting. Ek sal hulle kontak.
Liana ek is so jammer om te hoor dat jy deur so iets moet gaan. Ek stel voor dat jy so gou as moontlik met een van die hulplyne in kontak te kom sodat hulle jou kan bystaan en raad gee oor hoe jy teenoor joukêrel moet optree en hoe om hierdie nuus met jou ouers te deel sodat hulle daar kan wees vir jou.